Voortrekker High School - School Anthem

School Anthem

Ons kom van Bloukrans, Weenen, Bloedrivier,
Vanuit die stad en vlaktes alom hier.
Ons sluit uit alle oorde in een siel,
Soos in 'n naaf die speke van 'n wiel.

Chorus:
Op Voortrekker leer ons een slagspreuk ken:
Aanhou wen, aanhou wen, aanhou wen!

In al ons spanne speel die lede saam
En oor Natal klink Voortrekker se naam;
Ons weet wie ywerig is met leer en sport
Sorg dat sy volk ook groter, sterker word.

Ons sal soos vad're Voortrekkers wees
Oor hooglande en dale van die gees,
Geen drif vir ons te diep, geen berg te steil
Want vir ons skool en volk het ons alles veil.

Vir elke daad waar U ons kragte verg,
Laat ons - soos 'n Retief op Drakensberg -
Eers met die hings se teuels ingetrek,
U seën vra op wat daar voor ons strek.

D.J. Opperman

Read more about this topic:  Voortrekker High School

Famous quotes containing the word school:

    Green, green is El Aghir. It has a railway station,
    And the wealth of its soil has borne many another fruit:
    A mairie, a school and an elegant Salle de Fetes.
    Such blessings, as I remarked, in effect, to the waiter,
    Are added unto them that have plenty of water.
    Norman Cameron (b. 1905)