Afrikaans - Sample Text in Afrikaans

Sample Text in Afrikaans

Psalm 23. 1983 Translation:

  1. Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.
  2. Hy laat my in groen weivelde rus. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
  3. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot eer van Sy naam.
  4. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.

Translation dependant: Afrikaans:

  1. Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.
  2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
  3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
  4. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.
  1. The Lord is my shepherd I shall not be in want.
  2. He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters.
  3. He restores my soul. He guides me in paths of righteousness for his name's sake.
  4. Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil for you are with me; your rod and staff they comfort me.
Lord's prayer (Afrikaans New Living translation)
Ons Vader in die hemel, laat U Naam geheilig word.

Laat U koningsheerskappy spoedig kom. Laat U wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie; en bevry ons van die greep van die Bose. Want van U is die koninkryk, en die krag, en die heerlikheid, tot in ewigheid. Amen

Original (Suiwer Afrikaans) Onse Vader:

Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil geskied op die aarde, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde soos ons ons skuldenaars vergewe en laat ons nie in die versoeking nie maar verlos ons van die Bose Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen

Read more about this topic:  Afrikaans

Famous quotes containing the words sample and/or text:

    As a rule they will refuse even to sample a foreign dish, they regard such things as garlic and olive oil with disgust, life is unliveable to them unless they have tea and puddings.
    George Orwell (1903–1950)

    I would define the poetic effect as the capacity that a text displays for continuing to generate different readings, without ever being completely consumed.
    Umberto Eco (b. 1932)